HOOF VAN NETBAL
Description
Hoof van Netbal
Hoërskool Durbanville nooi dinamies en gedrewe kandidate om aansoek te doen vir die pos van Hoof van Netbal met ingang 1 Januarie 2027.
Pligte en verantwoordelikhede sluit in maar is nie beperk tot:
- Skool se netbalbeleid en bloudruk suksesvol al die ouderdomsgroep implementeer.
- Monitering van voorseisoen kondisioneringsprogram in same-werking met die kondisioneerders en afrigters.
- Ontwikkeling van netbalafrigters en uitbreiding van netbalprogram.
- Logistieke- administratiewe bestuur - Hoërskool Durbanville Netbal
Vereistes:
- Vlak 2 of afrigtingsertifikaat en skeidregter gradering.
- Ervaring met afrigting of hoë prestasie programbestuur.
- Sterk kommunikasie- en leierskapsvaardighede.
- Ervaring van afrigting op hoërskoolvlak.
- Administratief sterk - goeie beplanning en sperdatums bestuur.
- PDP lisensie
Wetlike en geskiktheidsvereistes:
- Die skool is verbind tot regverdige, deursigtige werwing in ooreen-stemming met die wetgewing op Indiensnemingsgelykheid.
- Alle toepaslike agtergrond- en geskiktheidskontroles sal uitgevoer word, aangesien ons deur die Skolewet gebind word.
Aansoeke en onderhoude:
- Omvattende CV, gesertifiseerde afskrifte van kwalifikasies, kontakbesonderhede van ten minste twee verwysings en polisie-verklaringsertifikaat indien. Vermeld onderwysondervinding (SACE sertifikaat) / indien geen onderwyskwalifikasie - vermeld administratief / organisatoriese vermoëns.
- As u binne twee weke, na die sluitingsdatum geen terugvoer ont-vang nie, aanvaar asb. u aansoek as onsuksesvol.
- Geen laat aansoeke sal aanvaar word nie.
- Hoërskool Durbanville behou die reg voor om geen aanstelling te maak nie.
Aansoeke kan gestuur word na hr@durbanvillehs.co.za
Sluitingsdatum:
17 Augustus 2026