ONDERWYSER – AFRIKAANS HUISTAAL

Job role insights

  • Date posted

    August 4, 2026

  • Hiring location

    Cape Town Western Cape

Description

BEHEERLIGGAAM-POS: ONDERWYSER – AFRIKAANS HUISTAAL (GRAAD 8–12, meld ook ander vakke)

Die Skoolbeheerliggaam nooi geskikte, dinamiese en gemotiveerde kandidate om aansoek te doen vir ’n Beheerliggaam-onderwyserpos in Afrikaans Huistaal vir Graad 8 tot 12.

Aanvangsdatum: 1 Januarie 2027

Pligte en verantwoordelikhede:

  • Aanbieding van Afrikaans Huistaal volgens die KABV/CAPS-kurrikulum.
  • Beplanning, assessering en administrasie van akademiese werk.
  • Ontwikkeling van leerders se lees-, skryf-, praat- en taalvaardighede.
  • Doeltreffende klaskamerbestuur en bevordering van ’n positiewe leeromgewing.
  • Aktiewe betrokkenheid by buitemuurse aktiwiteite: Meld asseblief betrokkenheid.
  • Ondersteuning van holistiese leerderontwikkeling.
  • Samewerking met kollegas, ouers en die skoolbestuur.
  • Deelname aan skoolverwante funksies en kultuuraktiwiteite.
  • NSS – nasienervaring sal voordelig wees.

Minimum vereistes:

  • ’n Relevante erkende universiteitskwalifikasie met Afrikaans as hoofvak of onderrigvak: Meld ander vakke ook asseblief
  • Geldige SACE-registrasie (of bewys van aansoek).
  • Goeie kommunikasie en organisatoriese vaardighede.
  • Toewyding tot professionele etiek en leerderwelstand.
  • Die suksesvolle kandidaat mag nie op die Nasionale Register vir Seksuele Oortreders verskyn nie.
  • Aanbeveling: PDP

Wetlike en geskiktheidsvereistes

  • Die skool is verbind tot regverdige en deursigtige werwing in ooreenstemming met die wetgewing op Indiensnemingsgelykheid.
  • Alle toepaslike agtergrond- en geskiktheidskontroles sal uitgevoer word, aangesien ons deur die Skolewet gebind word.

Aansoeke en onderhoude:

  • Belangstellende kandidate moet ’n omvattende CV, gesertifiseerde afskrifte van kwalifikasies, bewys van SACE-registrasie en kontakbesonderhede van ten minste twee verwysings indien.
  • Verifikasie teen die toepaslike registers sal deel vorm van die aanstellingsproses.
  • Kandidate sal deur ‘n sifting proses beoordeel word, waarna geskikte vir onderhoude kandidate genooi sal word.
  • As jy binne twee weke na die sluitingsdatum geen terugvoer ontvang nie, kan aanvaar word dat jou aansoek nie suksesvol was nie.
  • Hoërskool Durbanville behou die reg voor om geen aanstelling te maak nie.
  • Geen laat aansoeke sal aanvaar word nie.

Alle aansoeke kan gestuur word na hr@durbanvillehs.co.za  

Sluitings datum: 21 Augustus 2026.

Apply for this job

Cancel
Apply now
Send message
Cancel