Hoërskool Durbanville
Overview
Die Hoërskool Durbanville is gestig in 1827, in die geskiedkundige dorp van Durbanville. Een van die oudste skole in Suid-Afrika, wat die toets van tyd deurstaan het.
Met die enigste Koshuis in die Noordelike Voorstede, kom leerders van heinde en ver om die Durbie-leefstyl te ervaar.
Kom skryf jou hoofstuk by een van Suid-Afrika se oudste skole. Raak deel van die Durbie-familie. Ons sien uit om jou te verwelkom.