WISKUNDE / WISKUNDIGE GELETTERDHEID
Description
Hoërskool Jan van Riebeeck
Wees jouself
Vakature: Wiskunde / Wiskundige Geletterdheid
Graad 8–12
Aanstelling deur: Beheerliggaam (voltyds)
Diensaanvaarding: 1 Januarie 2027
Aansoeke sluit: 23 November 2026
E-pos: skoolhoof@janvanriebeeck.co.za
Hoërskool Jan van Riebeeck, ’n dinamiese Afrikaanse hoërskool in die hartjie van Kaapstad, nooi entoesiastiese en toegewyde opvoeders om vir die bogenoemde pos aansoek te doen.
Vereistes
- ’n Toepaslike onderwyskwalifikasie en SARO-registrasie.
- ’n Geldige polisieklaringbewys moet saam met die aansoek ingedien word.
- Bevoegdheid om Wiskunde en/of Wiskundige Geletterdheid in graad 8–12 aan te bied.
- Uitstekende vakkennis en ’n passie vir gehalteonderrig.
- Sterk kommunikasie- en organisatoriese vaardighede.
- Bereidwilligheid om aktief by die skool se buitemuurse program betrokke te raak.
- ’n Positiewe ingesteldheid en die vermoë om leerders te inspireer.
Die ideale kandidaat is ’n opvoeder wat nie nét ’n vak aanbied nie, maar ook jongmense inspireer, verhoudings bou en ’n blywende verskil in hul lewens wil maak.
Belangstellende kandidate moet hul volledige CV, besonderhede van toepaslike kwalifikasies en kontakbesonderhede van verwysings rig aan:
- Die Skoolhoof, E-pos: skoolhoof@janvanriebeeck.co.za
Hoërskool Jan van Riebeeck behou die reg voor om nie ’n aanstelling te maak nie.