IKT-BEDRYFSBESTUURDER
Description
HOËRSKOOL JAN VAN RIEBEECK
Wees jouself
VAKATURE: IKT-BEDRYFSBESTUURDER
Aanstelling deur: Beheerliggaam (voltyds)
Diensaanvaarding: 1 Januarie 2027
Aansoeke sluit: 30 November 2026
E-pos: skoolhoof@janvanriebeeck.co.za
Hoërskool Jan van Riebeeck nooi dinamiese, kundige en oplossingsgerigte kandidate uit om aansoek te doen vir die pos van IKT-Bedryfsbestuurder.
Ons is op soek na ’n tegnologies ervare persoon met ’n passie vir innovasie, doeltreffende stelselbestuur en uitstekende dienslewering. Die suksesvolle kandidaat sal verantwoordelik wees vir die daaglikse bestuur, instandhouding, monitering en die ondersteuning van die skool se volledige IKT-omgewing.
VEREISTES EN VERANTWOORDELIKHEDE
- ’n Toepaslike kwalifikasie in Inligtingstegnologie of ’n verwante tegniese veld.
- By voorkeur minstens vyf jaar toepaslike IKT-ondervinding, met bewese ervaring in die bestuur van tegniese infrastruktuur.
- Uitstekende kennis van die bestuur van Microsoft 365, Entra ID, Intune, Teams, SharePoint, OneDrive en wolkgebaseerde stelsels.
- Bewese vaardigheid in die bestuur en instandhouding van netwerke, Wi-Fi, bedieners, internetkonnektiwiteit en IKT-toerusting.
- Kennis van kubersekuriteit, databeskerming, POPIA, rugsteunstelsels en rampherstel.
- Vermoë om tegniese ondersteuning aan personeel en leerders te bied, probleme doeltreffend op te los en klaskamertegnologie te bestuur.
- Ervaring in toestelbestuur, sagteware-installasies, stelselopdaterings en die administrasie van gebruikersregte.
- Vermoë om IKT-projekte, eksterne diensverskaffers, tegniese aankope en batebestuur professioneel te koördineer.
- Goeie organisatoriese, kommunikasie- en probleemoplossingsvaardighede, met die vermoë om onafhanklik en onder druk te funksioneer.
- ’n Diensgerigte ingesteldheid, professionele integriteit en die vermoë om tegnologie sinvol ter ondersteuning van onderrig, leer en administrasie aan te wend.
Professionele IKT-sertifisering, spesifiek Network+ en ervaring binne ’n opvoedkundige omgewing sal as sterk aanbevelings dien.
Belangstellende kandidate moet hul volledige CV, besonderhede van toepaslike kwalifikasies en kontakbesonderhede van verwysings rig aan:
- Die Skoolhoof, E-pos: skoolhoof@janvanriebeeck.co.za
Hoërskool Jan van Riebeeck behou die reg voor om nie ’n aanstelling te maak nie.