ONTWERP (GRAAD 10 – 12) | SKEPPENDE KUNSTE: VISUELE KUNSTE (GRAAD 8 – 9)
Description
Hoërskool Jan van Riebeeck
Wees jouself
VAKATURE
ONTWERP (GRAAD 10 - 12)
SKEPPENDE KUNSTE: VISUELE KUNSTE (GRAAD 8 - 9)
Aanstelling deur: Beheerliggaam (deeltyds)
Diensaanvaarding: 1 Januarie 2027
Aansoeke sluit: 23 November 2026
E-pos: skoolhoof@janvanriebeeck.co.za
Hoërskool Jan van Riebeeck, ’n dinamiese Afrikaanse hoërskool in die hartjie van Kaapstad, nooi entoesiastiese en toegewyde opvoeders om vir die bogenoemde deeltydse pos aansoek te doen.
MINIMUMVEREISTES
- ’n Toepaslike onderwyskwalifikasie en SACE-registrasie.
- Grondige vakkennis en ervaring in die aanbieding van die betrokke vakke.
- Goeie kennis van die KABV-kurrikulum en assesseringsvereistes.
- Uitstekende kommunikasie- en organisatoriese vaardighede.
- Die vermoë om leerders te inspireer en hul kreatiwiteit en talent te ontwikkel.
- Bereidwilligheid om deel van ’n dinamiese en professionele onderwysspan te wees.
- ’n Geldige polisieklaringsbewys.
Let wel: Hierdie deeltydse betrekking behels geen buitemuurse verpligtinge nie.
Die ideale kandidaat is ’n opvoeder wat nie nét ’n vak aanbied nie, maar ook jongmense inspireer, verhoudings bou en ’n blywende verskil in hul lewens wil maak.
Belangstellende kandidate moet hul volledige CV, besonderhede van toepaslike kwalifikasies en kontakbesonderhede van verwysings rig aan:
- Die Skoolhoof, E-pos: skoolhoof@janvanriebeeck.co.za
Hoërskool Jan van Riebeeck behou die reg voor om nie ’n aanstelling te maak nie.