WISKUNDE EN/OF WISKUNDIGE GELETTERDHEID EN FISIESE WETENSKAPPE / NATUURWETENSKAPPE

Job role insights

  • Date posted

    October 14, 2026

  • Hiring location

    Cape Town Western Cape

Description

DF AKADEMIE

VAKANTE POS

Daar is ’n geleentheid vir ’n passievolle, toegewyde en akademies sterk onderwyser wat Wiskunde / Wiskundige Geletterdheid en Fisiese Wetenskappe kan aanbied om by die wenspan van een van die tophoërskole in die Wes-Kaap aan te sluit.

VAKGEBIED

Wiskunde (graad 8 – 12) en/of Wiskundige Geletterdheid (graad 10 – 12)
Fisiese Wetenskappe (graad 10 – 12) / Natuurwetenskappe (graad 8 – 9)

MINIMUM VEREISTES

  • Toepaslike tersiêre kwalifikasies (BSc met Wiskunde-/Fisika-/Chemiese modules en nagraadse onderwysdiploma / BEd FET-Fase met Wiskunde en Wetenskap as hoofvakke)
  • Bewese rekord van uitnemende akademiese prestasie en hoë standaarde in die klaskamer
  • SACE-registrasie is verpligtend.
  • Polisieklaring
  • Bereid om by buitemuurs betrokke te wees
  • Moet goed in ’n span kan funksioneer en meewerk aan ’n kultuur van akademiese uitnemendheid
  • Ervaring in Wiskunde of Fisiese Wetenskappe op graad 12-vlak sal ’n sterk aanbeveling wees.
  • Ervaring op die gebied van Wiskundige Geletterdheid sal ook ’n sterk aanbeveling wees.
  • NSS-nasienervaring in óf Wiskunde, Wiskundige Geletterdheid óf Fisiese Wetenskappe word aanbeveel.

ADDISIONELE INLIGTING

Ligging: Wes-Kaap
Pos: Onderwyser (BL)
Aanvangsdatum: 1 Januarie 2027

Sluitingsdatum vir aansoeke: Maandag, 26 Oktober 2026.
Stuur jou volledige CV en motiveringsbrief aan: hoof@dfakademie.com

Onderhoude en aanstellings berus uitsluitlik by die oordeel van die beheerliggaam en hulle behou die reg om nie die pos te vul nie.

VIR JOU SUID-AFRIKA

Apply for this job

Cancel
Apply now
Send message
Cancel