DF Akademie
Overview
DF Akademie is ‘n toonaangewende Afrikaans-medium hoërskool wat leerders in ‘n veilige en waardegedrewe omgewing in hulle totaliteit ontwikkel sodat hulle in ‘n snel-veranderende volwasse wêreld hulle plek kan vol staan.
Ons waardes is die fondament waarop ons alles bou. Dit staan bekend as ons VRIEND-waardes, naamlik: Verantwoordbaarheid, Respek, Integriteit, Empatie, Nederigheid en Diensbaarheid.
VISIE
DF Akademie strewe daarna om ‘n innoverende en leidinggewende hoërskool te wees wat leerders geleenthede bied om met die nodige lewensvaardighede toegerus te word sodat hulle ‘n positiewe verskil in die samelewing maak.
MISSIE
Die skep van ‘n omgewing waar elke leerder op akademiese -, geestelike -, kulturele – en sportvlak kan ontwikkel deur innoverende bestuur, mentorskap, personeelvoorsiening en -ontwikkeling, navorsing en eksterne samewerking.
Waardes:
1. Verantwoordbaarheid
2. Respek
3. Integriteit
4. Empatie
5. Nederigheid
6. Diensbaarheid