DIREKTEUR: ATLETIEK EN LANDLOOP
Description
DF AKADEMIE
VAKANTE POS: DIREKTEUR: ATLETIEK EN LANDLOOP
DF Akademie nooi ’n dinamiese en energieke individu met sterk leierseienskappe wat gemaklik by ons skoolgemeenskap sal inskakel en met ’n passie vir atletiek en landloop, uit om aansoek te doen vir bogemelde vakature.
POSBESKRYWING
- Jaarlikse en seisoenale beplanning: Opstel van die atletiek- en landloopkalender, insluitend oefenprogramme, kampioenskappe en binnenshuise/buiteseisoen-kondisionering.
- Fasiliteite en toerusting: Bestuur en voorbereiding van bane, apparaat en wetlike veiligheidstandaarde vir byeenkomste.
- Kommunikasie en administrasie: Skakeling met leerders, ouers, skoolbestuur, en buite-organisasies (soos WP-atletiek en ander skole).
- Atleet-identifisering en -ontwikkeling: Monitor van atleetvordering van o. 14 tot o. 19, en die skep van individuele ontwikkelingspaaie vir toppresteerders sowel as breë deelname.
MINIMUM VEREISTES
- Strategiese denke en leierskap: Vermoë om ’n visie vir atletiek en landloop oor alle ouderdomsgroepe en dissiplines heen uit te voer.
- Bestuur en organisering: Bewese ondervinding in die beplanning, logistiek en fasilitering van grootskaalse interskole, atletiekbyeenkomste en landloopwedlope.
- Afrigtingsbestuur: Ondervinding in die koördinering, keuring en leiding van ’n span interne en eksterne gespesialiseerde afrigters.
- Moderne tegnieke en ontwikkeling: Ervaring en goeie kennis van moderne atleetontwikkeling, kondisionering, periode-beplanning en prestasie-analise.
- Etos en waardes: Etiese en professionele waardes wat strook met DF se skoolwaardes.
- Provinsiale/Nasionale betrokkenheid: Passie en ervaring vir die groei van atlete binne WP- en nasionale strukture (SASA / ASA).
- ’n Kwalikasie in sportbestuur sal in u guns tel.
Indien jy passievol is oor atletiek en landloop en die ontwikkeling van atlete en afrigters, en oor die vermoë beskik om ’n verskil in ’n jongmens se lewe te maak deur sport en so ’n bydra te lewer om DF-atletiek en -landloop uit te brei en te laat groei, sien ons uit om van jou te hoor.
Sluitingsdatum vir aansoeke: Maandag, 19 Oktober 2026
Stuur jou volledige CV en motiveringsbrief aan: hoof@dfakademie.com
Enige vrae kan gerig word aan sdippenaar@dfakademie.com
Slegs kandidate wat die kortlys haal, sal gekontak word.
Onderhoude en aanstellings lê uitsluitlik by die oordeel van die beheerliggaam en hul het die reg om nie die pos te vul nie.
VIR JOU SUID-AFRIKA