WISKUNDE EN ANDER VAKKE
Description
Titel: Wiskunde en ander vakke
Ligging: Citrusdal , Wes-Kaap
Begindatum: Januarie 2027
Titel: Wiskunde en ander vakke
Posbeskrywing: Calling Education is amper nege jaar oud, maar is reeds ‘n dinamiese en invloedryke organisasie met die missie om lae-inkomste leerders na hul roepings toe aan te spoor deur top-gehalte onderrig. Calling Academy Stellenbosch dien 320 leerders in Graad 8 – 12, Calling Academy Kroonstad 290 leerders in Graad 8 – 12 en Calling Academy Paarl 115 leerders in Graad 8 – 9. Beide die Paarl-kampus en die Kroonstad-kampus is steeds aan die groei. Verskeie bouprojekte is reeds afgehandel, ‘n beduidende impak word op leerders se lewens gemaak en daar heers opgewondenheid oor die verdere groei potensiaal van Calling Education.
Die begin van ‘n Calling Academy in die pragtige landelike dorp Citrusdal, is ‘n opwindende volgende stap vir Calling Education. Die skool sal begin word in 2027 met tussen 50 en 60 Graad 8 leerders, ‘n skoolhoof, twee onderwysers en ‘n administratiewe persoon.
‘n Wiskunde-onderwyser sal ‘n belangrike deel van die span uitmaak. Aanvanklik sal daar slegs twee Graad 8 klasse wees wat beteken dat die onderwyser ook bereid sal moet wees om ander vakke aan te bied. Soos die skool groei, sal onderwysers al hoe meer op hul spesialis area kan fokus.
Die plig van die rol sluit in, maar is nie beperk nie, tot:
- Die onderrig van Wiskunde, in Afrikaans, as kernvak aan twee Graad 8 klasse
- Die onderrig van ander vakke wat binne die suksesvolle kandidaat se vermoëns en kapasiteit val
- Bereidwilligheid om betrokke te wees by buitemuurse aktiwiteite
- Die lewer van positiewe bydraes tot die personeel- en skoolkultuur
- Ander redelike pligte wat dalk benodig mag word
Persoonbeskrywing:
- Opgewondenheid oor onderwys-roeping en Calling Education se missie
- Geskikte kwalifikasie om Wiskunde te onderrig in die Seniorfase. ‘n Kwalifikasie om Wiskunde in die VOO-fase te onderrig sal verder voordelig wees.
- SACE geregistreerd
- Uitstekende interpersoonlike vaardighede – die vermoë om effektief met ouers, leerders, personeel en ander belanghebbende partye te kan werk.
- Die vermoë en oortuiging om aan die skool se Christelike missie uiting te kan gee
Let wel: Alhoewel die begin van die skool in Januarie 2027 hoogs waarskynlik is, is dit nog onderworpe aan finale prosesse. Dit is noodsaaklik om nou reeds met die proses te begin om die geskikte personeel aan te stel en kandidate word aangemoedig om in verbinding te tree om meer oor die geleentheid te hore te kom.
Salaris: Calling Education het ‘n kompeterende salarisskaal. Die salaris vir hierdie posisie sal met die suksesvolle kandidaat bespreek word.
Sluitingsdatum: 16 September
Hoe om aansoek te doen: Stuur u CV per e-pos aan astramrood@callingeducation.org.za
Webblad: www.callingeducation.org.za