Calling Academy – Citrusdal
Overview
Calling Education is amper nege jaar oud, maar is reeds ‘n dinamiese en invloedryke organisasie met die missie om lae-inkomste leerders na hul roepings toe aan te spoor deur top-gehalte onderrig. Calling Academy Stellenbosch dien 320 leerders in Graad 8 – 12, Calling Academy Kroonstad 290 leerders in Graad 8 – 12 en Calling Academy Paarl 115 leerders in Graad 8 – 9. Beide die Paarl-kampus en die Kroonstad-kampus is steeds aan die groei. Verskeie bouprojekte is reeds afgehandel, ‘n beduidende impak word op leerders se lewens gemaak en daar heers opgewondenheid oor die verdere groei potensiaal van Calling Education.
Die begin van ‘n Calling Academy in die pragtige landelike dorp Citrusdal, is ‘n opwindende volgende stap vir Calling Education.
Die skool sal begin word in 2027 met tussen 50 en 60 Graad 8 leerders, die skoolhoof, twee onderwysers en ‘n administratiewe persoon.
Webblad: www.callingeducation.org.za