SKOOLHOOF
Description
Ligging: Citrusdal , Wes-Kaap
Begindatum: Januarie 2027
Titel: Skoolhoof, Calling Academy
Posbeskrywing: Calling Education is amper nege jaar oud, maar is reeds ‘n dinamiese en invloedryke organisasie met die missie om lae-inkomste leerders na hul roepings toe aan te spoor deur top-gehalte onderrig. Calling Academy Stellenbosch dien 320 leerders in Graad 8 – 12, Calling Academy Kroonstad 290 leerders in Graad 8 – 12 en Calling Academy Paarl 115 leerders in Graad 8 – 9. Beide die Paarl-kampus en die Kroonstad-kampus is steeds aan die groei. Verskeie bouprojekte is reeds afgehandel, ‘n beduidende impak word op leerders se lewens gemaak en daar heers opgewondenheid oor die verdere groei potensiaal van Calling Education.
Die begin van ‘n Calling Academy in die pragtige landelike dorp Citrusdal, is ‘n opwindende volgende stap vir Calling Education. ‘n Geleentheid bestaan vir ‘n aspirant skoolhoof om te help om die vierde Calling Academy te help vestig en deel te raak van hierdie besonderse missie.
Die skool sal begin word in 2027 met tussen 50 en 60 Graad 8 leerders, die skoolhoof, twee onderwysers en ‘n administratiewe persoon. Die vorming van ‘n sterk aanvangskultuur sal dus ‘n groot verantwoordelikheid en voorreg van die suksesvolle kandidaat wees. Sterk ondersteuning word deur Calling Education se sentrale span verskaf op finansiële en ander gebiede.
Die plig van die rol is breedweg om die verantwoordelikheid te dra vir die suksesvolle vestigting en bestuur van die nuwe skool wat insluit:
- Belyning met Calling Education se missie
- Die vestiging van ‘n gesonde kultuur en spesifiek ‘n leerkultuur onder leerders
- Die lei, inspireer en bestuur van personeel
- Die bou van sleutelverhoudings in die vallei
- Bestuur van die begroting wat aan die skool toegeken word
- Administratiewe leiding en die in plek stel van die nodige prosesse en sisteme
- Verslagdoening aan Calling Education se bestuur en direksie
Persoonbeskrywing:
- Opgewondenheid oor roeping en Calling Education se missie
- Sterk visie vir hoe ‘n jong skool kan ontwikkel en ‘n impak maak in die gemeenskap
- Uitstekende interpersoonlike vaardighede – die vermoë om efffektief met ouers, leerders, personeel en ander belanghebbende partye te kan werk.
- Uitstekende administratiewe vaardighede – kommunikasie, dokumentasie, ens.
- Ervaring op ‘n skoolbestuurspan is belangrik met ervaring as onderhoof of skoolhoof wat in ‘n kandidaat se guns sal tel. Minstens vyf jaar se ervaring in die onderwys is noodsaaklik.
- Die vermoë en oortuiging om aan die Christelike missie uiting te kan gee
- Kwalifikasie om in die VOO-fase te onderrig (Graad 10 – 12) sal sterk in ‘n kandidaat se guns tel
- SACE geregistreerd
Let wel: Alhoewel die begin van die skool in Januarie 2027 hoogs waarskynlik is, is dit nog onderworpe aan finale prosesse. Dit is noodsaaklik om nou reeds met die proses te begin om die geskikte skoolhoof aan te stel en ons wil kandidate aanmoedig om in verbinding te tree om meer oor die geleentheid te hore te kom.
Salaris: Calling Education het ‘n kompeterende salarisskaal. Die salaris vir hierdie posisie sal met die suksesvolle kandidaat bespreek word.
Sluitingsdatum: 16 September
Hoe om aansoek te doen: Stuur u CV per e-pos aan wcloete@callingeducation.org.za
Webblad: www.callingeducation.org.za