ASPIRANT-ONDERWYSERS INTERNSKAP
Description
HOËRSKOOL STELLENBOSCH
Moontlike poste 2027
ASPIRANT-ONDERWYSERS INTERNSKAP
Vanaf 1 Januarie 2027 – 31 Desember 2027
Vereistes
- NOS-studente wat geregistreer is om in 2027 aanlyn te studeer.
- Onderwysstudente (geregistreer vir ’n aanlyn B.Ed-graad) wat die onderwysloopbaan betree vir die 2027 akademiese jaar.
- Verskaf asseblief u graad/grade wat u reeds het of einde 2026 ontvang.
- Verskaf asseblief u vakgebied waarin u wil spesialiseer duidelik in u CV, asook buitemuurs waarby u betrokke sal wil raak.
- Aktiewe betrokkenheid by HSS se buite-kurrikulêre program.
- Moet opvoeder in die klas en vakspanne kan bystaan.
- In besit wees van ’n polisieklaringsertifikaat.
- Onderrigtaal: Afrikaans
- Koshuisverblyf as koshuistoesighouer.
CV’s kan gestuur word na: rezel.fourie@stellies.com
Sluit afskrifte van kwalifikasies, SACE-sertifikaat (indien reeds in besit) en ID-dokument in. Sluit Junie-rapport in indien steeds op skool.
SLUITINGSDATUM:
25 September 2026
Hoërskool Stellenbosch behou die reg om geen aanstelling te maak.
www.stellies.com