Hoërskool Stellenbosch
Overview
Klein genoeg om persoonlik te wees, groot genoeg om ‘n krag te wees.
Hoërskool Stellenbosch is ’n besonderse skool waar ons soek na waarheid en egtheid. Hier is jy uniek, en bied ons vir jou vryheid binne ons omgee-gemeenskap. Kom wéés.
Hoërskool Stellenbosch is ’n skool vir seuns en dogters met Afrikaans as voertaal. Die leerders is verteenwoordigend van die breë dorpsgemeenskap en kom meestal van skole oor die Wes-Kaap.