VAKANTE POS: AFRIKAANS HUISTAAL

Job role insights

  • Date posted

    October 23, 2026

  • Hiring location

    Cape Town Western Cape

Description

DF AKADEMIE

VAKANTE POS: AFRIKAANS HUISTAAL

Daar is ’n geleentheid vir ’n passievolle, toegewyde en akademies sterk onderwyser wat Afrikaans Huistaal en Toerisme kan aanbied om by die wenspan van een van die tophoërskole in die Wes-Kaap aan te sluit.

VAKGEBIED

Afrikaans Huistaal (graad 8 - 12) en Toerisme (graad 10)

MINIMUM VEREISTES

  • Toepaslike tersiêre kwalifikasies (BA met Afrikaans as hoofvak en nagraadse onderwysdiploma/ BEd FET-fase met Afrikaans as hoofvak en Toerisme)
  • Bewese rekord van uitnemende akademiese prestasie en hoë standaarde in die klaskamer
  • Bereid om by buitemuurs, veral redenaars en debat, betrokke te wees
  • Moet goed in ’n span kan funksioneer en meewerk aan ’n kultuur van akademiese uitnemendheid
  • Ervaring in Afrikaans Huistaal op graad 12-vlak sal ’n sterk aanbeveling wees.
  • Ervaring in Toerisme sal ook ’n sterk aanbeveling wees.
  • NSS-nasienervaring in Afrikaans Huistaal word aanbeveel.
  • SACE-registrasie is verpligtend.
  • Polisieklaring

ADDISIONELE INLIGTING

Ligging: Wes-Kaap
Pos: Onderwyser (BL)
Aanvangsdatum: 1 Januarie 2027

Sluitingsdatum vir aansoeke: Maandag, 2 November 2026.

Stuur jou volledige CV en motiveringsbrief aan: hoof@dfakademie.com

Onderhoude en aanstellings berus uitsluitlik by die oordeel van die beheerliggaam en hulle behou die reg om nie die pos te vul nie.

Apply for this job

Cancel
Apply now
Send message
Cancel