AFRIKAANS HUISTAAL

Job role insights

  • Date posted

    September 20, 2026

  • Hiring location

    Stellenbosch Western Cape

Description

Die HMS Bloemhof, ’n toonaangewende Afrikaanse hoërskool vir dogters in Stellenbosch, adverteer tans die volgende vakature:

AFRIKAANS HUISTAAL
(GR. 8–12)

Tipe betrekking: Beheerliggaam

Posbeskrywing:
Die Hoër Meisieskool Bloemhof benodig ’n kundige en passievolle opvoeder om Afrikaans Huistaal (Gr. 8–12) aan te bied.

Diensaanvaarding: 1 Januarie 2027

Kwalifikasies, ervaring & vaardighede:

  • BA-graad met Afrikaans-en-Nederlands III en toepaslike onderwyskwalifikasie met SARO-registrasie
  • Honneursgraad sal as aanbeveling dien
  • Ondervinding van graad 8–12
  • Kundigheid op graad 12-vlak
  • NSS-nasiener
  • Uitstekende klaskamerbeheer
  • Handhaaf hoë akademiese standaard
  • Rekenaarvaardig (MS Office en Google Classroom)
  • Puik administratiewe- en organisatoriese vaardighede
  • Bevordering van gesonde lewensbeginsels en waardes
  • Aktiewe betrokkenheid by Debat en Redenaars sal as aanbeveling dien
  • Meld ook ander buitemuurse aktiwiteite
  • ’n Rolmodel: hardwerkend, gemotiveerd
  • Meld ander vakke aangebied

Sluitingsdatum vir aansoeke: 5 Oktober 2026 om 17:00

Doen só aansoek:
Stuur ’n dekbrief in Afrikaans én ’n volledige CV insluitend afskrifte van kwalifikasies (met ten minste drie kontakbare referente) aan Die Skoolhoof by admin@hmsbloemhof.co.za.

’n Fisiese aansoek kan ook tydens skoolure by die skool se ontvangs ingedien word.

Navrae: Rig enige navrae aan me. Marlese Robertson by admin@hmsbloemhof.co.za.

Die HMS Bloemhof behou die reg voor om nie ’n aanstelling te maak nie.

Die aanstelling van die suksesvolle kandidaat sal onderhewig wees aan die indiening van ’n polisieklaringsertifikaat.

Aansoekers wat teen 5 Novemeber 2026 geen terugvoer ontvang het nie, moet hul aansoek as onsuksesvol beskou.

Apply for this job

Cancel
Apply now
Send message
Cancel