INTERNSKAP: SPORTKANTOOR

Job role insights

  • Date posted

    September 20, 2026

  • Hiring location

    Stellenbosch Western Cape

Description

Die HMS Bloemhof, ’n toonaangewende Afrikaanse hoërskool vir dogters in Stellenbosch, adverteer tans die volgende vakature:

INTERNSKAP: SPORTKANTOOR

Tipe betrekking:
Kontrakpos (12 maande)

Posbeskrywing:
Die Hoër Meisieskool Bloemhof adverteer ’n internskap vir ’n administratiewe beampte om vir 12 maande by ons sportkantoor aan te sluit. Sien asb. die volledige posbeskrwying aan die einde van dié advertensie.

Diensaanvaarding:
1 Januarie 2027

Kwalifikasies, ervaring & vaardighede:

  • Relavante kwalifikasies
  • Ervaring in ’n administratiewe pos of sportomgewing(s) sal in die kandidaat se guns tel.
  • Noukeurigheid in opstel van lyste soos bv. buslyste
  • Basiese begrip van finansies en begrotings
  • Goeie taalvaardigheid in beide Afrikaans en Engels
  • Geskikte kommunikasie vaardighede met volwassenes sowel as leerders
  • Goeie tydsbestuur
  • Bereidwilligheid om by die skool se waardes (omgee, werksetiek, afgerondheid, respek, integriteit) in te koop
  • Buigsaam ten opsigte van verpligtinge buite skoolure, tydens naweke en skoolvakansie

Sluitingsdatum vir aansoeke:
5 Oktober 2026 om 17:00

Doen só aansoek:
Stuur ’n dekbrief in Afrikaans én ’n volledige CV insluitend afskrifte van kwalifikasies (met ten minste drie kontakbare referente) aan Die Skoolhoof by admin@hmsbloemhof.co.za .

’n Fisiese aansoek kan ook by die skool se ontvangs tydens skoolure ingedien word.

Navrae:
Rig enige navrae aan me. Marlese Robertson by admin@hmsbloemhof.co.za .

Die HMS Bloemhof behou die reg voor om nie ’n aanstelling te maak nie.

Die aanstelling van die suksesvolle kandidaat sal onderhewig wees aan die indiening van ’n polisieklaringsertifikaat.

Aansoekers wat teen 5 November 2026 geen terugvoer ontvang het nie, moet hul aansoek as onsuksesvol beskou.

Apply for this job

Cancel
Apply now
Send message
Cancel