OPVOEDKUNDIGE SIELKUNDIGE

Job role insights

  • Date posted

    August 20, 2026

  • Hiring location

    Cape Town Western Cape

Description

VAKANTE POS: OPVOEDKUNDIGE SIELKUNDIGE

DF AKADEMIE NOOI GESKIKTE KANDIDATE UIT OM AANSOEK TE DOEN VIR BOSTAANDE BETREKKING.

Die suksesvolle kandidaat sal deel vorm van die skool se ondersteuning- en welstandspan en daartoe bydra om leerders se emosionele welstand, akademiese ontwikkeling en algehele funksionering te bevorder. Die kandidaat sal in samewerking met leerders, ouers, opvoeders en ander rolspelers ondersteuning bied om leer- en ontwikkelingsbehoeftes te identifiseer en toepaslik aan te spreek.

VEREISTES VIR DIE POS:

  • Registrasie by die HPCSA as ’n Opvoedkundige Sielkundige.
  • Voltooide meestersgraad in Opvoedkundige Sielkunde.
  • Ervaring met of blootstelling aan leerders binne ’n opvoedkundige konteks.
  • Voldoende kennis en ervaring van hoërskoolleerders en hul ontwikkelingsfase.
  • Goeie interpersoonlike en kommunikasievaardighede.
  • Goeie sin vir verantwoordelikheid en tydsbestuur.
  • Begrip van konfidensialiteit en etiese optrede binne die skoolomgewing.
  • Die vermoë om doeltreffend onder druk te funksioneer en in spanverband saam te werk.
  • Betroubaarheid en ’n professionele ingesteldheid.
  • Geen kriminele rekord nie.

VERANTWOORDELIKHEDE:

  • Individuele en groepberading aan leerders.
  • Ondersteuning en bestuur van die akademiese evaluering van leerders.
  • Uitvoer en ondersteuning van psigometriese en opvoedkundige assesserings, asook verslagdoening.
  • Identifisering van leer-, emosionele en ontwikkelingsbehoeftes en die formulering van toepaslike aanbevelings.
  • Ondersteuning van leerders met leerhindernisse en spesifieke ondersteuningsbehoeftes.
  • Konsultasie met ouers en opvoeders rakende leerders se emosionele, akademiese en ontwikkelingsbehoeftes.
  • Deelname aan multidissiplinêre spanvergaderings en ondersteuningsinisiatiewe.
  • Samewerking met die skool se ondersteuningspan en eksterne professionele rolspelers waar nodig.
  • Professionele en etiese hantering van alle sielkundige dienste.
  • Bydrae tot die ontwikkeling en implementering van voorkomende en ondersteunende welstandsprogramme binne die skool.
  • Verwysing van leerders na toepaslike eksterne professionele dienste waar verdere ondersteuning benodig word.

Aanvangsdatum: 1 Januarie 2027

Sluitingsdatum vir aansoeke: Vrydag, 4 September 2026

Belangstellendes word aangemoedig om ‘n volledige CV, afskrif van HPCSA-registrasie en kwalifikasies, asook ‘n kort motiveringsbrief te stuur aan hoof@dfakademie.com

Slegs kandidate wat die kortlys haal, sal gekontak word.

Onderhoude en aanstellings lê uitsluitlik by die oordeel van die beheerliggaam en hul het die reg om nie die pos te vul nie.

Apply for this job

Cancel
Apply now
Send message
Cancel