BESTUURDER – TERREIN EN INSTANDHOUDING
Description
Die HMS Bloemhof, ’n toonaangewende Afrikaanse hoërskool vir dogters in Stellenbosch, adverteer tans die volgende vakature:
BESTUURDER – TERREIN EN INSTANDHOUDING
Tipe betrekking: Beheerliggaam
Posbeskrywing:
Die Hoër Meisieskool Bloemhof adverteer die volgende vakature: Bestuurder – Terrein en Instandhouding.
Die geskikte kandidaat sal verantwoordelikheid neem vir die logistieke bestuur, instandhouding, veiligheid en versorging van die skool se geboue, fasiliteite en terrein.
Diensaanvaarding: 1 Januarie 2027
Kwalifikasies, ervaring & vaardighede:
- ’n Toepaslike diploma, sertifikaat of kwalifikasie in fasiliteits- en terreinbestuur, instandhouding of ’n verwante veld
- Bewese ervaring in bogenoemde velde sal tot voordeel van die kandidaat wees
- Opleiding in brandbestryding, noodhulp en veiligheid, ’n sterk aanbeveling
- Ervaring met die bestuur van begrotings en die koördinering van eksterne kontrakteurs en diensverskaffers
- Sterk leierskap- en personeelbestuursvaardighede
- Uitstekende organisatoriese, administratiewe en probleemoplossingsvaardighede
- Goeie kennis van landskappraktyke, fasiliteitsinstandhouding (insluitend sport en koshuis) en gesondheids- en veiligheidsregulasies
- Vermoë om voorkomende instandhouding te beplan, te implementeer en te monitor
- Vermoë om onafhanklik te werk, inisiatief te neem en effektief onder druk te funksioneer
- Vermoë om buigsame ure te werk, insluitend aande en naweke en om op noodgevalle te reageer
- Geldige bestuurslisensie en PDP, verkieslik Kode 10
- Vermoë om professioneel en in harmonie met leerders, ouers, personeel, kontrakteurs en die breër skoolgemeenskap te werk
- Bedrewe in MS Office-pakket en ander rekenaarprogramme
- Hantering van dissiplinêre aksies en griewe
Sluitingsdatum vir aansoeke: 9 November 2026
Doen só aansoek:
Stuur ’n dekbrief in Afrikaans én ’n volledige CV insluitend afskrifte van kwalifikasies (met ten minste drie kontakbare referente) aan Die Skoolhoof by admin@hmsbloemhof.co.za .
’n Fisiese aansoek kan ook by die skool se ontvangs tydens skoolure ingedien word.
Navrae:
Rig enige navrae aan me. Marlese Robertson by admin@hmsbloemhof.co.za.
Die HMS Bloemhof behou die reg voor om nie ’n aanstelling te maak nie.
Die aanstelling van die suksesvolle kandidaat sal onderhewig wees aan die indiening van ’n polisieklaringsertifikaat.
Aansoekers wat teen 9 Desember 2026 geen terugvoer ontvang het nie, moet hul aansoek as onsuksesvol beskou.