OPVOEDER: INTERMEDIÊRE EN SENIOR FASE

Job role insights

  • Date posted

    September 23, 2026

  • Hiring location

    Paarl Western Cape

Description

PAARL PRIMÊRE SEUNSKOOL

SKOOLBEHEERLIGGAAMPOS

OPVOEDER: INTERMEDIÊRE EN SENIOR FASE
AANSTELLINGSDATUM: JANUARIE 2027

Posvereistes:

  • Toepaslike kwalifikasie vir die Intermediêre en Senior Fase.
  • Ondervinding van onderrig in ’n Afrikaans- en Engels-parallelmediumkonteks.
  • Ondervinding in die onderrig van Afrikaans Huistaal en/of Afrikaans Addisionele Taal, asook die onderrig van inhoudsvakke binne klasverband of volgens ’n klasonderrigbenadering.
  • Bevoegdheid in Microsoft 365.
  • Ondervinding van tegnologieondersteunde onderrig en Microsoft-gebaseerde e-leer.
  • Veelsydigheid binne en buite die klaskamer.
  • Ondervinding van afrigting en optrede as wedstrydbeampte in ten minste twee van die volgende sportkodes van die skool en/of ondervinding in die afrigting van drama, asook die koördinering van konserte en eisteddfods:
    • Atletiek
    • Krieket
    • Tennis
    • Swem
    • Waterpolo
    • Tweekamp
    • Rugby
    • Hokkie
    • Bergfiets
    • Muurbal
    • Gholf
    • Landloop
    • Skaak
  • SACE-registrasie.
  • ’n Geldige bestuurslisensie en openbare bestuurspermit (of bereidwilligheid om een te bekom).
  • Polisieklaring (of bewys van aansoek).

Vereiste vaardighede:

  • Sterk administratiewe en organisatoriese vaardighede.
  • Goeie kommunikasie- en onderrigvaardighede.
  • Die vermoë om goeie interpersoonlike verhoudinge te vestig en te handhaaf.
  • Die vermoë om inisiatief te neem, doeltreffend in ’n span saam te werk en leierskapsrolle te vervul.

Aansoekprosedure:

Aansoeke, insluitend ’n volledige CV, kontakbesonderhede van drie kontakbare referente, asook twee onlangse getuigskrifte, moet gerig word aan:

Die Skoolhoof
Paarl Primêre Seunskool
Tel: 021 872-4651
E-pos: postmaster@paarlboysp.co.za

Sluitingsdatum: 9 Oktober 2026 om 14:00

Voldoening aan die bogenoemde vereistes moet duidelik in aansoekers se CV’s aangetoon word. Slegs gekortlyste kandidate sal gekontak word. Indien u teen 30 Oktober 2026 geen terugvoer ontvang het nie, aanvaar asseblief dat u aansoek onsuksesvol was.

Apply for this job

Cancel
Apply now
Send message
Cancel