AFRIKAANS ONDERWYSER
Description
AFRIKAANS ONDERWYSER
Michaelhouse is reeds sedert 1896 ’n vooraanstaande Anglikaanse privaatskool vir seuns in graad 8-12 in die Middellande van KwaZulu-Natal.
Aansoeke word ingewag vir die pos van Afrikaans Eerste Addisionele Taal onderwyser met die oog op diensaanvaarding in Januarie 2027.
DIE GESKIKTE KANDIDAAT MOET:
• entoesiasties oor sy/haar vak wees.
• kreatief en inspirerend in die klas wees.
• ondervinding in die onderrig van Afrikaans tot op matriekvlak hê.
• innoverend met die gebruik van tegnologie in die klaskamer wees.
• bereid wees om deel van die skool se buitemuurse program te wees.
• bereid wees om betrokke by die skool se pastorale program/versorging te raak.
• die skool se Christelike waardes en etos uitleef.
• ’n geskikte graad en onderwyskwalifikasie after sy/haar naam hê.
• daar sal van die suksesvolle kandidaat verwag word om by SACE geregistreer te wees en om 'n polisieklaringsertifikaat voor te lê.
Behuising sal op of naby die skoolterrein verskaf word sodat die suksesvolle kandidaat ten volle by die skool se buitemuurse program betrokke kan raak.
Om aansoek te doen: Voltooi die aanlyn-aansoekvorm by: https://forms.gle/K1RzYbLShx67Bcwx5
Voeg daarby: e-pos jou motiveringsbrief EN 'n volledige CV aan careers@michaelhouse.org
luitingsdatum vir aansoeke: 3 Augustus 2026
Let wel: Verwys asseblief na die posbenaming in die onderwerp van jou e-pos vir maklike verwysing
Slegs geskikte gekwalifiseerde kandidate sal oorweeg word. Michaelhouse behou die reg om nie ’n aanstelling te maak nie.
Michaelhouse is verbind tot transformasie en in ooreenstemming met ons regstellende aksie beleid sal voorkeur gegee word, maar nie beperk word nie, tot kandidate wat lid van die betrokke groepe is. Vrywaring van Beskerming van Persoonlike Inligting (POPI): Michaelhouse is verbind tot die beskerming van persoonlike inligting. Deur aansoek te doen vir hierdie pos en jou persoonlike inligting en CV in te dien, aanvaar jy hierdie vrywaring. Jou inligting sal slegs gebruik word vir werwing vir die gelysde vakature, moontlike toekomstige vakatures en enige statutêre verslagdoening. Alle redelike maatreëls sal geneem word om die inligting van aansoekers te beskerm