ONDERWYSER – EBW EN HANDELSVAKKE

Job role insights

  • Date posted

    October 2, 2026

  • Hiring location

    Cape Town Western Cape

Description

VAKATURE: ONDERWYSER – EBW EN HANDELSVAKKE

Beheerliggaampos | Aanvangsdatum: 1 Januarie 2027

Hoërskool Jan van Riebeeck in Tuine, Kaapstad, nooi ’n dinamiese, entoesiastiese en toegewyde onderwyser om vanaf 1 Januarie 2027 by ons akademiese span aan te sluit.

Die suksesvolle kandidaat sal verantwoordelik wees vir:

Ekonomiese en Bestuurswetenskappe (EBW): Graad 8–9
Een of meer Handelsvakke: Graad 10–12, soos:

  • Besigheidstudies
  • Ekonomie
  • Rekeningkunde

Dui asseblief in die aansoek duidelik aan watter handelsvak(ke) die kandidaat bevoeg en ervare is om in graad 10–12 aan te bied.

VEREISTES

Die ideale kandidaat:

  • beskik oor ’n toepaslike erkende onderwyskwalifikasie;
  • is by SARO (SACE) geregistreer of registreerbaar;
  • beskik oor toepaslike vakkennis en die vermoë om EBW en minstens een handelsvak op VOO-vlak aan te bied;
  • het ’n deeglike kennis van die KABV/CAPS-kurrikulum en assesseringsvereistes;
  • kan effektief in Afrikaans onderrig;
  • beskik oor uitstekende klaskamerbestuurs- en kommunikasievaardighede;
  • is vaardig met die gebruik van tegnologie in die klaskamer;
  • stel hoë akademiese standaarde en is bereid om leerders individueel te ondersteun en uit te daag;
  • werk graag as deel van ’n span en dra positief tot ’n vakdepartement by;
  • is bereid om aktief by die skool se buitemuurse program – sport, kultuur en/of ander skoolaktiwiteite – betrokke te raak;
  • onderskryf die waardes, etos en breër opvoedkundige doelstellings van Hoërskool Jan van Riebeeck.

Ervaring in die onderrig van graad 12 en NSS-assessering sal ’n aanbeveling wees.

DOEN AANSOEK

Belangstellendes word versoek om ’n volledige CV, kwalifikasies, SARO-besonderhede en relevante verwysings te stuur aan:

Die Skoolhoof: skoolhoof@janvanriebeeck.co.za

Pos: Voltydse beheerliggaampos
Adres: Kloofstraat 129, Tuine, Kaapstad
Aanvangsdatum: 1 Januarie 2027
Aansoeke sluit: 9 Oktober 2026
Webwerf: www.janvanriebeeck.co.za

Slegs kandidate wat vir ’n onderhoud gekortlys word, sal gekontak word. Hoërskool Jan van Riebeeck behou die reg voor om nie ’n aanstelling te maak nie.

Apply for this job

Cancel
Apply now
Send message
Cancel