admin@oldschoolties.co.za
Steggies Kleuterskool

Overview

Die maak van steggies behels tipies dat ‘n klein gedeelte van ‘n ouer-plant verwyder word. Deur die steggie dan van die regte sorg, klimaat, groeimedium en ander  hulpmiddels te voorsien, word die steggie aangemoedig om sy eie wortelstelsel te vestig en as ‘n onafhanklike plant te groei. So is dit dan ook met ons kinders se menswording…

Ons het in 2014 ons deure geopen. Ons visie: om ’n skooltjie te vestig in ’n liefdevolle omgewing met pragtige natuurskoon, individuele aandag en ‘n familie-oriëntasie. Saam met elke ouer wil ons by die plaas-skool ‘n groei-medium en klimaat help skep waarin kinders kan wortel skiet en ontwikkel tot hul volle potensiaal as gebalanseerde en vrydenkende individue!

Ons is daagliks aan die gang op die plaas in Devonvallei, Stellenbosch, in die lieflike groot plaashuis met sy gevestigde tuin. Dis werklik ‘n skooltjie met ‘n huislike atmosfeer – ruim en openhartig! Hier kan kinders leer deur na hartelus te speel. Kom besoek ons gerus om te kyk hoe dit lyk en wat ons alles bied. Jy sal sommer gou besef jy kan jou kleinding met baie gemoedsrus hier los.

Send message
Cancel