BEHEERLIGGAAMPOS: BEMARKER
Description
LAERSKOOL EVERSDAL
BEHEERLIGGAAMPOS: BEMARKER
AANSTELLINGSDATUM: 1 JANUARIE 2026
Vereistes:
- Toepaslike opleiding in Bemarking, Kommunikasie, Besigheid of ‘n verwante veld, is ‘n vereiste. Ervaring in die onderwys kan ook ‘n aanbeveling wees om die spesifieke behoeftes van die skool beter te verstaan.
- Ten volle tweetalig (Afrikaans en Engels)
- Moet onafhanklik kan funksioneer
Ervaring:
- Ervaring in bemarking – veral in die onderwyssektor of ‘n ander relevante veld – is van kardinale belang. Dit sluit ervaring in digitale bemarking, sosialemediabestuur, skakeling met die gemeenskap en die ontwikkeling van bemarkingsplanne en – strategieë in.
Kommunikasievaardighede:
- Uitstekende mondelinge en skriftelike kommunikasie- en taalvaardighede is noodsaaklik om met ouers, personeel, leerders en die gemeenskap te kan werk.
Digitale bemarking:
- ‘n Grondige begrip van digitale bemarkingstelsels en –tegnieke is essensieel. Dit sluit in: kennis van webwerfbestuur, e-posbemarking, sosialemediabestuur en digitale advertensies (CANVA, WORDPRESS, WIX en CORAL DRAW).
Strategiese denke:
- Die vermoë om langtermynbemarkingsplanne wat aansluit by die skool se doelwitte en waardes, te ontwikkel en uit te voer.
- Moet bemarkingsgeleenthede identifiseer en ontgin.
Projekbestuur:
- Die vermoë om verskeie projekte, funksies en geleenthede gelyktydig te bestuur, ook na ure.
- Reël van opedae, besoeke aan laerskole en inligtingsaande.
- Bestuur advertensies
- Werwing van Borge
- Fondsinsamelings en die alumni te mobiliseer om die skool te ondersteun, aktiwiteite by te woon en fondse en hulpbronne te skenk.
- Begroting
Kreatiwiteit:
- Die ontwikkeling van innoverende kreatiewe bemarkingsveldtogte wat die skool se “uniekheid” aan die gemeenskap bekend sal stel.
Verhoudingsbou:
- Die vermoë om positiewe verhoudings met die gemeenskap, plaaslike besighede, media en ander belanghebbendes op te bou en te handhaaf.
Rig ‘n volledige CV met drie referente en onlangse getuigskrifte aan: sbosch@eversdal.org.za
Sluitingsdatum: 7 NOVEMBER 2025 om 10:00
‘n Aansoek waarborg nie ‘n onderhoud nie en die skool behou die reg voor om nie ’n aanstelling te maak nie.
Laerskool Eversdal is ‘n gelyke geleenthede werkgewer.
Indien geen terugvoering binne 2 weke ná sluitingsdatum ontvang word nie, was u aansoek onsuksesvol.