admin@oldschoolties.co.za
SPORT KONDISIONERINGS AFRIGTER – HOKKIE / SOKKER

Job role insights

  • Date posted

    June 13, 2024

  • Hiring location

    Bloemfontein Free State

Description

Grey Kollege Sekondêr is ‘n parallelmediumskool met nagenoeg 1200 leerders van Graad 8 tot 12.

Hierdie betrekking is beskikbaar vanaf 1 Augustus 2024.

Verantwoordelikhede:

  • Hokkie en sokker kondisioneerder vir junior en senior spanne (Fiksheid, gimnasium werk, deurlopende monitering van spelers en bestuur van beseerde spelers).
  • Bystand gedurende oefeninge, wedstryde en toere soos die behoefte ontstaan.

Minimum vereistes:

  • Honneursgraad in BA Menslike Bewegingskunde (Sportwetenskap / Biokinetika) of toepaslike tersiêre kwalifikasie
  • Geldige polisieklaring nie ouer as 12 maande nie.
  • Kennis en ervaring van hokkie en sokker afrigting en kondisionering
  • Goeie rekenaarvaardighede (MS Office, Excel)
  • Uitstekende interpersoonlike verhoudinge
  • Goeie kommunikasie vaardighede - tweetalig (Afrikaans en Engels)
  • Enige ervaring in afrigting en/of speel-ervaring van die voorkeur sportkode op ‘n provinsiale, nasionale of internasionale vlak sal as sterk aanbeveling dien.

Aansoeke kan gestuur word na Martmarie Joubert by mjoubert@gc.co.za 

Sluitingsdatum: 7 Julie 2024

Die skool behou die reg om nie ‘n aanstelling te maak nie. Indien u nie van die skool verneem nie,
was u aansoek onsuksesvol gewees.

Apply for this job

Cancel
Apply now
Send message
Cancel