Hoërskool McLachlan
Overview
Hoërskool McLachlan is in 1912 amptelik geopen.
Dit het intussen ryk bygedra tot die welvaart van die Langkloof en ons land as geheel.
Dit dra die naam van ‘Oumeneer’ J. Du T. McLachlan, die legendariese skoolhoof vanaf 1914 tot 1940.
Die skool spog met 100% matriekslaagsyfer oor 9 jaar. Ons is ook amptelik aangewys as een uit minder as 10 skole in ons Onderwysdistrik wat as toppresterende skool jaar na jaar goeie uitslae behaal.
Ons spog ook as een van baie min skole wat met Landbouwetenskap as matriekvak aanbied en is een van die eerste skole in die Ooskaap wat die vak hier in die 1930’s gevestig het.
Dramakuns is een van ons spesiale vakke.